Sunday, August 31, 2008

Prince Albert Primêr Skaak Nuus

- Neville Claassen -

Ons het 2008 afgeskop met baie beginnerspelers, maar die entoesiasme wat die spelers aan die dag gelê het, het ‘n mens gou laat vergeet dat hulle beginners is.

Aan die einde van die SWD-proewe op 10 Mei is drie spelers in die SWD-span opgeneem en sal vanaf 8 tot 18 Desember aan die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskappe te Potchefstroom gaan deelneem. Maurice Claassen (o/12), Roberto Galant (o/16) en Jonathan van Rooyen (o/10) sal ons skool en ons dorp se naam gaan hoog hou. Maurice Claassen het ook of 24 Mei in Stellenbosch die SWD verteenwoordig by die All Age Games en het die Wes-Kaap span gehaal.

Op 9 Augustus het twee gemengde spanne die skool verteenwoordig by die Topskole kompetisie in Riversdal. Die dogterspan sal die skool en SWD verteenwoordig in Swellendam tydens die Interprovinsiale Topskole kompetisie vanaf 26 tot 28 September. Die span, Annestine van Rooyen, Willicia Reed, Edlynne Hattingh, Desline Delport, Ilze van der Ross en Misha Schreuders (in die foto bo) word alle sterkte toegewens.

Ons nuwe seisoen het 1 Augustus begin en ons hoop dat daar vele ander leerders by die skaak sal kom aansluit.

No comments: