Sunday, August 31, 2008

Prince Albert Primêr se netbal-span onoorwonne

- Berenice Ewerts -

Prince Albert Primêr se o/13 netbal-span verdien hulle nuwe uitrusting na hulle oorwinnings teen talle skole. Die uitrusting is deur een van ons ouers, Brenda Fillies, gemaak.

Op 7 Augustus 2008 het die span teen Dysselsdorp Primêr gespeel en 11 – 1 gewen. Hulle het weer op 14 Augustus geseëvier toe hulle teen Colridge Primêr van Oudtshoorn gespeel het. Dié keer was die finale telling 11 – 5. Ons wens hulle alle sterkte toe op die pad vorentoe.

Dit is nie net die o/13 span wat kan spog nie. Die o/12 span het vir Den-Marsha Arendse wat vanjaar die SWD-span gehaal het. Ons skool is baie trots op haar.

No comments: