Sunday, August 31, 2008

PA Primêr kry ‘n spog nuwe bus

- Samuel Delport -

Vir die personeel, ouers en leerders van Prince Albert Primêr kan die slapies nie gou genoeg omgaan sodat hulle hul nuwe bus kan kry nie. U het reg gelees, hierdie eenvoudige skool gaan sy eie bus kry.

Die betrokke ouers, beheerliggaam en personeel het besluit: “Genoeg is genoeg! Ons weier om verder te sukkel met ordentlike vervoer vir ons leerders.” Hulle het na vele konsultasie uiteindelik besluit om die bus – met 35 sitplekke - te koop. Die bus sal eersdaags sy opwagting by die skool maak en hierdie ge-leentheid sal op luisterryke wyse met ouers, kringbestuurders en die publiek gevier word.

Groot fondsinsamelings-pogings gaan aangepak word om die paaiemente maandeliks by te bring. Op 5 September begin die skool dan met ‘n reuse snoekbraai. Kaartjies is R25 vir ‘n stuk snoek en twee slaaie, voorwaar ‘n weggee prys. Belangstellendes kan hierdie kaartjies by die personeel van Prince Albert Primêr kry.

No comments: