Friday, October 30, 2009

Biblioteek Streeksvergadering

- Reinie Smit -

Op Dinsdag, 13 Oktober, het ons ons jaarlikse Beaufort-Wes streek Streeksvergadering gehad. Dié jaar was dit Prince Albert se beurt om die gasheer-dorp te wees.

Personeel van Hoofkantoor in Kaapstad (Sentrale Naslaan en Publikasie), Streeksbiblioteek in Beaufort-Wes, die assistent-direkteur van George en biblioteek-personeel van al die biblioteke in die Beaufort-Wes Streek het die vergadering bygewoon.

Sake rakende biblioteekwerk is deur die 25 teenwoordiges bespreek.

Ná ‘n baie geslaagde, leersame vergade-ring is die dag afgesluit met ‘n uithaler drie-gang ete by Miller’s restaurant.

No comments: