Friday, October 30, 2009

Huis Kweekvallei basaar ‘n groot sukses

- Magriet Engelbrecht -

Op Woensdag, 23 September, het Huis Kweekvallei hul jaarlikse Basaar gehou. Dit was op die dag dat die skole gesluit het vir die September vakansie. So is verseker dat so veel moontlik mense die Basaar kon bywoon.

‘n Gees van gemoedelikheid het geheers en al die vrolike gesigte het getuig daarvan. Danksy Prince Albert en die omliggende buurdorpe wat so mildelik bygedrae het, het die tafels gekreun onder pannekoek, basaarpoeding, brood, beskuit, koek, kerrie en rys, braaivleis en vele ander lekkernye. Soos altyd was daar ook naaldwerk-en ‘n “wit olifant” tafel.

Huis Kweekvallei en inwoners wil vir almal wat bygedra het om ‘n sukses te maak van die dag, BAIE dankie sê. ‘n Baie welkome bedrag van R23 000 is ingesamel, wat baie nuttig aangewend sal word.

No comments: