Friday, October 30, 2009

Werk sag met ons Vroue en Kinders

- Ilze Koorts -

Uit elke ses vrouens wat bymekaar is, word een daagliks mishandel in Suid-Afrika. Dit is die jongste statistieke wat by die Nasionale Konferensie vir Maatskaplike Werkers van 13-16 Oktober 2009 bekend gemaak is.

Wat maak dat daar so min respek vir `n vrou of kind in ons samelewing is? Het dit te doen met die opvoeding? Het dit te doen met die omgewing? Is middelmisbruik die rede? Is dit omstandighede soos armoede, frustrasie, swak lewensvaardighede wat daartoe aanleiding gee? Daar word baie geredeneer oor die redes.

Inherent keer ons terug na respek vir `n ander persoon. Dit gaan oor ons verhoudings met ander mense. Elke mens verdien respek vir sy/haar uniekheid, vir sy/haar eie menswees, om nie met ander vergelyk te word nie, om gerespekteer te word vir sy/haar eie gevoelens, behoefte aan menswaardigheid.

Behandel ons elkeen wat oor ons pad kom soos ons graag behandel wil word? Nie een van ons wil geslaan, geskop, met woorde afgekraak of afgepers, sleggesê / gekritiseer word vir wie ons is – of wat ons het - nie.

Meld by iemand aan as jy of jou kinders mishandel word. Meld aan as jy weet van iemand wat mishandel word. Bel BADISA by 023 5411388. Ons wil ‘n verskil maak vir hierdie vroue en kinders!

No comments: