Friday, October 30, 2009

My Christelike Perspektief

- Jeanette de Lange -

Heb. 12:2 ...die oog vestig op Jesus.

Legkaart bou is ontspannend. Dis lekker om saam te bou, te soek, stukkie vir stukkie. Soek die hoeke eerste dan die kante. Maar dit kan lol want deesdae is daar selfs rondes op die mark. Soms gaan dit gou, dan weer soek en kopkrap.

Kyk na jou eie lewe, daar waar jy geplant is, jou huis, jou werk, jou gemeenskap en kerk. Dalk is daar baie blou, net soos ons eie Karoouispansel, geel, soos die geel margrietjies, oral gestrooi.

Dalk is daar swart en grys strepe – kan die ‘n doel dien? Maar ek en jy is maar ‘n baie klein stukkie wat iewers pas – en soms wegraak. Elke stukkie verskil, en tog pas dit eindelik. Die hoeksteen wat verwerp was is nou jou hoeksteen. Sy prentjie skuil in Kor. 13

Mag jou legkaart kleurvolle, warm kleure hê. Sou die donker kleure jou onderkry, gaan stap in die veld en vind weer jou verlore stukkie.

No comments: