Friday, October 30, 2009

Hoede, Tee en Lag by Huis Kweekvallei

- Ione Auerswald -

Inwoners van Huis Kweekvallei het op 15 Oktober saam met die “Thursday Group” ‘n teepartytjie geniet. Inwoners het hoede gedra wat mooi versier was en pryse is uitgedeel vir verskeie hoede. Verder is daar gesing en modeparade gehou.

Hetta Blomerus het die “Thursday Group” bedank vir die lekker partytjie. Op hul beurt het die “Thursday Group” hul waardering uitgespreek teenoor die kombuis-personeel vir die tee, die kantoor vir húl samewerking, Suster Lettie vir haar mooi sang, Lydia Swanepoel vir al haar hulp, alle deelnemers aan die modeparade.

Daar was die Sarie Marais-Kappie wat ons laat skaterlag het, die Spaanse hoed saam met “Olé, Olé”, die Soldaat, die “Digger” wat gegrawe én gesing het, die Polisieman (darem nie te kwaai!) en die Tuinier.

Dit was ‘n baie vrolike partytjie met baie lag!

No comments: