Sunday, November 11, 2007

Prince Albert Skou

-L Myburgh-

Prince Albert Landbougenootskap se belangrikste datum van die jaar was 12 &13 Oktober 2007 en ons is trots om te sê dat ons skou weereens ‘n groot sukses was. Baie harde werk en slapelose nagte gaan in die beplanning van so ‘n skou, maar op die ou end pluk ieder en elk die vrugte van sukses.

Donderdagaand het ons die skou amptelik geopen met die Borge en Vertoners-onthaal en ons gasspreker was Christoff Cloete van Agri Wes-Kaap. Die jaar het ons, soos in die verlede, ons jaarlikse Boerbok Interstreek Kampioenskap, Dorper Kampioenskap en Merino Kampioenskap gehad wat boere van heinde en verre gelok het om met hul skou diere te spog en kompeteer. Ten spyte van die feit dat Uniondale se skou dieselfde naweek as ons skou was, was die kampioenskappe steeds ‘n sukses en ons het selfs boere van Uniondale distrik gehad wat met hul diere op ons skou kom spog het.

Die Vrydag aand was die hoogtepunt van die skou met ons steakete en nie minder nie as drie gaskunstenaars, waaronder die gewilde Wynand Windpomp getel het. Die ander twee kunstenaars was Jaycee en Karlien Husselman wat die mense op hulle tone gehad het op die dansvloer. Die gaskunstenaars het definitief tot die sukses van die skou bygedra.

Saterdag se program was ook propvol. Die quadbike “funrun” het weer plaas gevind en raak elke jaar net groter en lok al hoe meer mense. Die Jannie de Bruyn vertoning het groot en klein vermaak en hy bly die beste in sy gebied. Weereens dankie oom Jannie! Ons volley ball kompetisie het ook ‘n paar dapperes gehad waarvan sommiges so bietjie in die stof gebyt het, maar almal het dit geniet.

Die aand het ons die skou afgesluit met ‘n heerlike gesellige bring en braai en ons dorp se uitvoer produkte wat sang aan betref, Wihan en Therene het die gaste vermaak met hul puik talente. Ook ‘n groot dankie vir Wihan wat van ver af moes kom.

Dan wil ons net weereens al ons borge bedank, sonder hulle sou ons skou nooit ‘n sukses wees nie! Afrox; BP Atlantic; Bayer; SDR; Diesel Electric; Swartberg Slaghuis; Dulux; Wilgebos Traders; Virbac; Morgado Pienaar; Coca-Cola; Vredebest Verpakking; Accurate Trading; Landbank; Cape Gate; Tyre rama; Voermol; Agri Expo; Impi Wire; Jannie Augustyn; PSP Timbers; Pierre Volschenk; Gellman; Swartberg Hotel; Efekto; De Berg Kant Lodge; Klein Karoo Kooperasie; Beaufort-Wes Verspreiders; Prins Albert Munisipaliteit; Niflas; Collin Campbell; Linkline Eiendomme; Edward J. Dalton Fin Dienste en Prins Kem Apteek

En ook groot dank aan al die boere wat vir ons slaglammers gegee het ten spyte van die groot droogte: Joseph Steyn; Ini Basson; Clive van Hasselt; Herman Olivier; Andre de Wit; Dolf Marais; Morne Bothma; Jaco de Klerk; Gunter Morsbagh en Kikiwi Boerdery

En laaste, maar allermins nie die minste nie, al die sameroepers en almal wat hard gewerk om die skou ‘n sukses te maak, ‘n GROOT dank aan almal!

1 comment:

Unknown said...

Ek sit op hierdie Sondagoggend in London en lees van die PA skou. Hoe wens ek ek kon daar wees. Ek was net vir Sub-A in Swartberg Laerskool (1980)((saam met Andre de Wit)) maar ons het 'n paar jaar daar gewoon. My pa was Volkskas se bestuurder, Nico Laubscher.
Groete aan al die ou bekendes, Carien Morabito (nee Laubscher)