Friday, December 14, 2007

Letters - Briewe

Who protects the weak in our society?

On Saturday the 13th of October our domestic helper was severely assaulted by her partner. The first opportunity she got to safely phone the police was on Sunday morning at 7am. After another phone call an hour later and still without a policeman in sight, she eventually managed to walk to the police station on Monday morning in her hurt and humiliated state and finally they arrested the perpetrator.

On prior occasions the police have not arrived when she has called for help, and once, after not having had any results, she and I went to the police together and the officers in charge helped us in an instant: officers and cars were put on the case immediately. Unfortunately when she went to get her protection order, the court had lost the documentation, and much to her detriment she stopped pursuing it after a few more unsuccessful visits to the court.

I am aware that the police and other departments are stretched much of the time, and that they do a very good job in many instances, but I can’t help wondering that if it was me from the 'southern suburbs' that had made those calls for help, I wouldn't have been helped a lot more promptly?

Anonymous
(Writer’s identity is known to the Friend. The letter was forwarded, as a courtesy, to the SAPS and the Magistrate’s Court, Prince Albert. The Clerk of the Court’s response is printed hereunder.)

Klagtes oor dienslewering

Normaalweg word daar nie gereageer op anonieme skrywes nie, maar omdat geweld teenoor gades en kinders stopgesit moet word, gaan ek my bes probeer om die aangeleentheid in perspektief te plaas.

Aangesien die skrywe geen name bevat nie, kan hierdie kantoor nie werklik konstruktief reageer of optree nie. Die huidige personeel dra nie kennis van so ’n voorval waar ’n aansoek verlore geraak het, of die aansoeker onverrigte sake weggestuur is nie.

In die algemeen kan net vermeld word dat ‘n beskermingsbevel deur die Hof uitgereik, nie ‘n voorvereiste is vir die SAPD om op te tree in ‘n geval van gesinsgeweld nie. Sodra daar ‘n klag van geweld of aanranding by die polisie aanhangig gemaak is, moet die polisie volgens hul voorskrifte optree teenoor die oortreder. Indien ’n misdaad gepleeg is moet die polisie optree, ongeag of dit binne gesinsverband gepleeg is of nie. Hierdie kantoor kan nie kommentaar lewer oor die hantering van hierdie geval deur die polisie nie.

Verder dra hierdie kantoor nie kennis van ‘n geval waar ‘n aansoeker om ‘n gesinsgeweldinterdik weggestuur is sonder ‘n interdik nie. Elke saak word individueel gehanteer en in dringende gevalle word die tussentydse beskermingsbevel op dieselfde dag wat die aansoek gedoen is, uitgereik.

Sedert die datum van voorval, soos vermeld in die brief, is daar wel ‘n aansoek om gesinsgeweld interdik in hierdie kantoor ontvang op 15 Oktober. Die aansoek is toegestaan, ‘n tussentydse beskermingsbevel is uitgereik en die datum waarop die applikant en respondent voor die hof moet verskyn, is vasgestel op 12 Desember 2007.

Graag nooi ek die anonieme skrywer van die brief of die persoon waarna sy verwys om my persoonlik te kontak met die besonderhede van die persoon wat haar na bewering nie korrek behandel het nie, sodat persoonlike aandag aan die geval gegee kan word en ondersoek ingestel kan word na die hantering en afhandeling van die spesifieke geval.

SD Kleinhans(mev)
Kantoorbestuurder
Landdroskantoor

Polisiebeampte se vrou in Leeu-Gamka

In ‘n klein gemeenskap soos Leeu–Gamka ken almal mekaar en weet van elkeen se doen en late. Mense kan dierbaar wees, maar ook soms wreed.

Ek is die vrou van een van die ondersoekbeamptes in Leeu-Gamka. Met die inhegtenisneming van die beskuldigdes vir die beweerde moord op die dertienjarige meisie van Merweville, was daar vele koerantberigte waar ondersoekbeamptes as korrup uitgebeeld is. My man was daarvan beskuldig dat hy die dossier van die vorige geval met die twee kinders waarby een van die beskuldigdes ook betrokke was, verlore laat raak het. Twee weke gelede was hierdie bewering ondersoek. Dit het aan die lig gekom dat my man glad nie die dossier ondersoek het nie. Beamptes van Beaufort-Wes wat die saak ondersoek het, het wel die dossier in sy sorg gelaat. Hy het die dossier later afgeteken aan die staatsaanklaer. Verder het hy niks meer met die dossier te doen gehad nie.

Mense gee nie om vir polisiebeamptes en hul gesinne nie. Die inhegtenisneming van die beskuldigdes was vir sommige inwoners die ideale geleentheid om polisiebeamptes by te kom. Dit was veral die wat gereeld met die gereg bots en reeds sake teen hulle gehad het.

My man en ‘n kollega het die verdagtes in hegtenis geneem op grond van kinderverlating omdat die kind nog laas onder hul toesig was. Baie sal met my saamstem dat as dit nie vir die optrede van hierdie twee beamptes was nie, daar nie verdere ondersoek die volgende dag sou wees nie. Die twee beamptes het hiervoor geen erkenning gekry nie, behalwe verdere beskuldigings. Ek voel dat my man geen ondersteuning van sy werkgewer gekry het of dat hulle geen poging aangewend het om die onwaarhede reg te stel nie.

Daarom wil ek ‘n beroep doen op die SAPD om op een of ander manier onskuldige polisiebeamptes van sulke optrede te beskerm. Ek wil terselfdertyd aan diegene vra wat hulle skuldig maak aan valse bewerings en beskuldigings teen die polisie, en dit in koerantberigte plaas om asseblief seker te maak van hul feite. Onskuldige slagoffers is gewoonlik die mense wat daaronder lei.

Dankie aan diegene van Leeu-Gamka se gemeenskap wat by die polisie gestaan het onlangs al die beweringe en beskuldigings teen hulle.

Anoniem
(Skrywer se identiteit is aan die Vriend bekend. 'n Afskrif van die brief is, om hoflikheidshalwe, aan die SAPD gestuur.)


N.G KERK SE KERSSPEL

‘n Kersspel sou op 30 November 2007 in die kerksaal plaasvind, maar as gevolg van onbetrokkenheid, is alles afgelas.

Baie dankie aan al die gewillige spelers, die persone wat die décor sou maak, die musiek en beligting, asook al die persone wat klere verskaf het. Dit was lekker om saam te werk. Nogmaals baie dankie vir julle tyd bereidwilligheid om ‘n mooi aand vir Prince Albert aan te bied. Ek waardeer julle hulp en samewerking. Ongelukkig kan ‘n paar swaeltjies nie die somer maak nie.

Liefde en geseënde Kersgroete
Stefné

In Memoriam Albe Fabricus
† 27/02/1940 to 12/08/2007


Bev and family would like to thank all our dear friends in Prince Albert for their love and generosity. Your kindness and support at this sad time will never be forgotten.

A special thank you to Virna for arranging the memorial service under such difficult circumstances.

Taalgebruik

Ek vind die taalgebruik in die P.A Vriend soms hoogs amusant. Alles verander ook deesdae. Toe ek in die laaste uitgawe lees dat ons nou OP Eerstewater gaan piekniek hou en nie meer BY Eerstewater soos in die outyd nie, het ek besluit om te vertel wat vroeër, toe Kempton Park nog in die Transvaal was, met my gebeur het.

Destyds moes personeel van drankge-lisensieerde hotelle albei amptelike tale magtig wees. Daarvoor moes daar ‘n sertifikaat wees ingeval van ‘n Drankraad inspeksie. Baie kordaat is ek na die Landdroskantoor toe vir my Engelse toets. Praat, lees en sryf, en ek kry my sertifikaat.

Toe wil die landdros weet of ek dink so ‘n toets is regverdig, en my antwoord was “Ja”. Hy stem toe nie saam nie, want sê hy: “ Vat nou maar vir Letjie wat in ‘n skooltjie in die Karoo gematrikuleer het. Sy wil graag in ‘n hotel in die stad gaan werk, maar kan nie Engels praat nie, dus is sy die werk kwyt.” Net daar vererg ek my en sê: Meneer, ek is een van die Letjies van die Karoo en ons kan Engels praat na Matriek!”

Hy het verskoning gemaak vir sy glips oor die Karoo. Waar hy vandaan gekom het, weet ek nie, want op sy sertifikaat, aan die Engelse kant, was “liquor” verkeerd gespel. Maar nou ja, jy hoef hom seker nie te kan spel om hom te kan drink nie!

Laastens – alle sukses aan hierdie jaar se Letjies ( en hulle seunsmaats ) van die Karoo. Ek verneem julle en die spog Engelse skool moet nou ‘n Engelse vraestel oorskryf. Wys vir hulle in die Karoo KAN ons nog!

Gebore en groë in die Karoo.

Magriet Jonker

Bedankings

Na ons heerlike troue op 3 November, wil ek en Stefan graag die volgende mense bedank, wat bygedra het om ons baie spesiale dag glad te laat verloop.

● Tannie Johanna Luttig en Madri Rossouw vir die pragtige blomme en mooi maak van die saal.
● Liz Botes, vir haar nommer 99 hulp.
● Die Freysen en Van Eck gesinne vir die harde werk om die dag vir ons besonders te maak.
● Die Prince Albert Naaldwerkprojek vir my rok en blommemeisie-rokkies
● Vir al ons gaste wat die dag saam met ons geniet het.
● Gawie Breytenbach, vir die gebruik van sy “Vintage” motor.
● Michael Upton vir die foto’s, die gebruik van sy huis en morele ondersteuning.
● Dina van der Walt vir die blyplek aan die familie.

Stefan en Chantelle Freysen

No comments: