Friday, December 14, 2007

Zwartberg trots op presteerders

- Ailsa Tudhope -

Elke jaar, tydens ons prysuitdeling, is die onderwysers en ouers van Hoërskool Zwartberg met reg trots op ons kinders. Leerders se harde werk in die klaskamer en op die sportveld word beloon - en die aand bied ook altyd uitstekende vermaak.

Hierdie jaar het die leerders van Graad 1, 2 en 3 ‘n pragtige geestlike boodskap gebring en Therene Fourie en Lodé Mooneys het Piu Jesu soos engele gesing. Gasspreker Ingrid Wolfaardt het beide kinders en volwassenes geïnspireer met haar boodskap en energie, en almal het die volgende dag nog daaroor gepraat.

Vir die kinders is dit altyd ietsie van ’n verassing om te hoor watter pryse hulle wen. Veels geluk aan ál die pryswenners en spesifiek aan Nina Vermeulen - wat al akademiese volkleure só vroeg (Graad 10!) in haar skoolloopbaan behaal.

Ons waardeer die bydrae wat elke ouer, in welke opsig ook al, maak. Ook die volgehoue ondersteuning van die dorpsmense, hetsy as fasiliteerders by die Graad 11-projek, of as skenkers van die jaareindpryse, gaan nie ongesiens verby nie. Die hulp van elkeen wat inkoop in die waarde van onderrig in ons jongmense se lewens, is van onskatbare waarde. Hoërskool Zwartberg sou daarsonder wesentlik armer gewees het.

Die volgende toekennings vir 2007 verdien vermelding:

AKADEMIE‑BEKER

Frans Gerber Beker - Afrikaans: Jane-Lee Gouws (Graad 11)

VOLLE EREKLEURE (AKADEMIE)

Nina Vermeulen – (Graad 10)

KLASPRESTASIE (GOUD)

Graad 1: Pieter Koorts, Hegan Pipes
Graad 2: Michy Mullins
Graad 3: Thomas Gous, Louis van der Nest
Graad 4: Ismari le Grange, Anneske van Eeden
Graad 5: Zanri Moolman, Sylvan Morris, Christopher Mullins
Graad 6: Ruan Fourie
Graad 7: Michaela Steyn
Graad 8: Abigail Modra
Graad 9: Willem du Toit
Graad 10: Nina Vermeulen
Graad 11: Jane-Lee Gouws
Graad 12: Anneke de Wit
VOLKLEURE IN SPORT

Karate
Ryan Ferreira
Andrea Gouws
Martin Koorts
Nelius Koorts
Meltus Meiring
Mignon Meiring

Tennis
Andrea Gouws

Atletiek
Nikela du Toit

Fietsry
Chris Jooste
Loraine (Lulu) Jooste

SPORTMAN EN SPORTVROU

Hannes Botes Beker : Junior Sportvrou - Nikela du Toit

Hannes Botes Beker : Junior Sportman - Martin Koorts

Gerda v/d Spuy Beker : Senior Sportvrou - Andrea Gouws

Standard Bank Beker : Senior Sportman - Willem du Toit/ Marius Williams

No comments: