Sunday, January 31, 2010

Ons Matrieks – 100% Slaagsyfer!

- Richard McKnight -

Hoërskool Zwartberg is geweldig trots op die 2010 matriekklas wat weereens aan die skoolgemeenskap getoon het dat hierdie skool nie hoef terug te staan as dit by akademiese uitslae kom nie.

Ten spyte van die feit dat daar ‘n afname van 105 na 84 was in die getalle van skole van die WKOD wat ‘n 100% slaagsyfer bereik het, het Hoërskool Zwartberg dit reggekry.

Ons skool, met ‘n leerdertal van 34 matrieks, het 14 vakonderskeidings behaal, 32% het toegang tot Baccalaureusgrade behaal en 61% tot diploma-kursusse. Die gemiddelde persentasie van die klas was 57%, ‘n baie mooi resultaat.

Hiermee ‘n hartlike dank aan alle rolspelers wie se positiewe insette hierdie puik uitslae moontlik gemaak het. Hierdie uitslae reflekteer ook die mooi handhawing van algemene uitslae in ons skool in 2009.

No comments: