Sunday, January 31, 2010

Skaakspelers van formaat

- Richard McKnight -

Hoërskool Zwartberg leerders Lucille Steyn, Nadine Kroon en Valerie Pieterse het gedurende die Desember vakansie aan die Nasionale Junior skaak kampioenskappe te Kaapstad deelgeneem en ons skool verteenwoordig. Die toernooi het vanaf die 13 tot die 17 Desember plaasgevind en was by die Universiteit van Kaapstad aangebied.

Die leerders het baie goed in hul onderskeie spanne gevaar en die naam van ons skool voorwaar hoog gehou. Ons opregte dank aan die skool, ouers asook die plaaslike munisipaliteit vir hul finansiële bystand en ondersteuning in die verband.

No comments: