Sunday, January 31, 2010

Vanuit Huis Kweekvallei...

- Magriet Engelbrecht -

Hier aan die begin van 2010, wil ons graag op hierdie manier ‘n paar “gevleuelde woorde” van dank uitspreek teenoor elkeen wat gedurende 2009, op welke wyse ookal, betrokke was by die doen en late van Huis Kweekvallei.

Danksy die hulp vanuit ons gemeenskap, was ons in staat om die volgende uiters suksesvolle Fonds-insamelingsprojekte te loods:

  • Die Olyffees stalletjie (waar ons stalletjie aangewys is as die beste kosstalletjie danksy Huis Kweek-vallei se puik sagopoeding en kerrie en rys!!), waar ons die pragtige bedrag van R12 848 ingesamel het.
  • Die Straatmark Basaar met ‘n inkomste van R23 041.
  • Verskeie kleiner markies is ook gehou, wat ons in staat stel om vir ons inwoners, asook ander eensames en minderbe-voorregtes, ‘n Kerspartytjie te hou en geskenkies te gee.
Hiermee dan ons opregte dank en waardering:
  • Aan almal wat donasies in kontant (R13 272); asook
  • Groente; Vrugte; ander produkte; komberse; linne en klere gemaak het;
  • Aan elkeen wat vleis geskenk het vir ons Olyffees stalletjie en Basaar;
  • Aan almal wat hard gehelp én gewerk het om van ons Fondsinsamelings-projekte ‘n sukses te maak;
  • Aan dié wat bereid was om te kollekteer vir ons Funksies – en sommer so ‘n paar lyste volgemaak het!! Ons waardeer dit opreg.
  • Aan u wat bydraes tot ons Kerspakkie-projek gemaak het: Dit word baie waardeer. Ons inwoners het heerlik partytjie gehou op 15 Desember, saam met ander bejaardes uit ons gemeenskap.
  • Ons is baie dankbaar vir die pragtige nuwe TV wat geskenk is vir die Te-huis, asook vir die dames wat gereeld vir ons inwoners DVDs kom wys.
  • Ons wil ook graag die donateurs, wat ons voorsien het van ‘n BAIE GROOT hoeveelheid wegdoenbare doeke (R20 514) vir ons Staatspensioenarisse, baie opreg bedank. Hierdie skenking is verál vir ons baie waardevol, aangesien die Staatspensioenarisse nie die doeke kan bekostig nie, en die Tehuis dus die onkoste daarvan moet dra.

We would also like to extend a HUGE THANK YOU to the ladies of the Thursday Group for their involvement with the residents of Huis Kweekvallei. Thank you for caring, and helping them to develop their mental skills, as well as keeping their bodies fighting fit with the exercises!!!

Dan is daar ook elkeen van u wat stil-stil u deel vir ons Tehuis doen: Baie dankie!! Al gaan dit so stilletjies, kan u seker wees dat ons dit raaksien en baie waardeer. Ons wil u as die vriende van Huis Kweekvallei ‘n wonderlike 2010 toewens!

Ten slotte net die volgende gedagte:
“Vriende is soos onsigbare engele wat ons op ons voete help as ons vlerke vergeet om te vlieg.”

No comments: