Tuesday, June 30, 2009

Briewe / Letters

Ons kultuurerfenis lok toeriste

Prince Albert met sy pragtige ou geboue, leivore en landbou erwe lok baie toeriste. Hierdie on-vervangbare erfenis en kultuur bates het in die eerste plek aanleiding gegee tot die geweldige groei in die toerisme bedryf die afgelope tien jaar.

Maar hoe lank gaan hierdie bates nog behoue bly en toeriste lok? Op 24 April 2009 is lede van die munisipaliteit se Bou en Erfenis Advies Komitee gestel dat die komitee ontbind is op ‘n raadsvergadering gehou op 26 Maart 2009. Hierdie komitee het juis deur aanbevelings aan die raad hulle bes gedoen om Prince Albert se erfenis bates te beskerm en bestuur. Wie gaan dit nou doen?

By die onlangse publieke vergadering op 13 Mei 2009 waar die munisipaliteit begroting bespreek is, was dit vir my ironies dat Mnr April Pienaar, onder–burgemeester gesê het dat die raad hulle gaan toespits op toerisme as ‘n bron van inkomste en ontwikkeling vir die dorp.

Ek wonder vir hoe lank toeriste nog ons dorp sal besoek as hierdie kultuur erfenis begin verlore gaan a.g.v die feit dat die komitee wat omgesien het na hierdie bates, nie meer bestaan nie?

Lydia Barrella

Bekommerde inwoner se vrae aan Raad

Na die begrotings vergadering op Woensdag, 13 Mei, te Prince Albert se Sydwell Williams Sentrum was ek baie teleurgesteld oor die houding van ons Burgemeester.

Ek maak die volgende stellings om ver-beterde verhoudinge te bewerkstellig en om prioriteite aan te spreek in belang van die administrasie:
1. Die belastingbetalers, waarvan baie vaste inkomstes het, is bekommerd dat hulle nie op hul inkomstes sal uitkom nie omdat koste vinniger styg as die rente en/of verhogings.

2. Die Raadslede verhoog hulle toelae tot die uiterste toelaatbare bedrag, spandeer op geboue en meer munisipale werknemers, en die man op straat sukkel al hoe meer – hoekom is daar nie meer geld vir welsyn nie?

3. Dit is tog ons reg op vrye spraak – maar dit is ook teen die grondwet om rassisties te wees. Baie mense in die verhoor het gevoel dat apartheid nog leef – maar net anders om. Daar is ook gesê as die mense nie van die voorstelle van die Raad hou nie moet hulle wegtrek. Hoe klink dit?

4. Die Burgemeester was nie verkeerd in alles wat sy gesê het nie bv oor diere wat pla, maar sy verduur geen kritiek nie, al is dit konstruktief.

5. Die stemgeregtigdes – ons is mos `n demokrasie - het die Burgemeester ingestem en sy werk vir hulle nie andersom nie. Ons sal weer stem.

6. Die Raad wil nie nou gebruik maak van die plaaslike koerant, Die Vriend, nie omdat hulle briewe publiseer van lede van die publiek wat kritiek lewer, maar dit is die korrekte plek vir plaaslike aankondigings. Nie alles is negatief nie, en as die Raad anders optree sal daar niks verkeerd van hulle gesê kan word nie.

In die algemeen was baie lede van die publiek onder die indruk dat die vergadering belasting sal bespreek. Ons was ook gevra: “Hoekom doen julle nie meer om die mense te help nie, waarom moet die Raad dit doen?” Ek glo dat die gemeenskap baie doen om te help; die Kerke verskaf sop vir Badisa se sopkombuis, alles uit hulle eie sakke, en nie van geld van die regering nie, of belastingsgeld nie. Mense in die dorp gee gereeld vir die minder-bevoorregdes.

Ek het nog altyd gedink ons dorp het besondere goeie rasseverhoudings, maar nou hoor ek hoe ons Burgermeester, die dorp se leier, die belastingsbetalers beledig. Is ek reg, of hoe dan?

Ek het my oorspronklike brief, sonder verkortings, aan die Burgemeester oorhandig.

Ione Auerswald

Thursday Group thanks supporters

On behalf of the Thursday Group I would like to thank everyone who has helped us by means of donations in various forms.

You have helped us to help others.

Geen donasie is te klein nie en ons ontvang dit met dank.

Dit help ons om andere te help.

Ione Auerswald

Disappointed about Catholic Chapel

I was certainly disappointed to read in your May 2009 issue that the new owner of the ground on which stands the little chapel Eddiebuilt a few years ago, will not allow Prince Albert's handfulof Catholics to continue using it for mass every other weekend.Indays of mutual cooperation among churches and their members, such pettiness is unusual.

Having donated the Leo Theron face of Christ stained glass window forchapel in memory of the late Piet and Lenie Olivier (and not inmemory of my mother, as reported) I personally am distressed that theowner will not allow the Catholic community to remove somethingthe chapel that is rightly their property.

Father Kevin Reynolds, Pretoria

Thank You

Thank you for to everyone who supported both Gunda and me during my recent hospitalisation and convalescence. Yours prayers, warm wishes and encouragement meant a lot to us.

Michael Brunner

Pastoor Billy van Rooyen en die Red Pumas kom help

Ons weet al lankal Prince Albert is die beste plek om te bly en my ondervinding op 13 Junie het dit weer eens bewys.

Ek was op pad om Joshua en Shaldo Sass by die stasie te gaan haal toe my kar net ewe skielik gaan staan het. Morsdood, vrek, kaput. In die middel van die pad, geen selfoon ontvangs en boonop in die donker. Een vir een het die karre verby my gery. Was dit my verbeelding of het hulle sommer nog `n bietjie vet gegee om weg te kom van die mal vrou wat in die middel van die pad op en af spring en waai?

Net toe ek wou moed opgee, stop Broer Billy se taxi. Hy het die Red Pumas in Matjiesfontein gaan haal waar hulle ‘n wedstryd gelykop gespeel het. Een, twee, drie het hy die probleem ge-idendifiseer, die kar uit die pad gestoot,kinders op die stasie gaan haal, my kar ingesleep en ons almal veilig afgelaai. Nie net dit nie, hy het toe sommer my kar ook reg gemaak!

Nogmaals dankie, u is voorwaar ‘n barmhartige Samaritaan.

Linda Fodor

No comments: