Tuesday, June 30, 2009

Wildekanisland se Vadersdag Wenner

- Ellen Joubert -

Wildekanisland Kleuterskool het ‘n heerlike mandjie eetgoed uitgeloot vir Vadersdag en Anwyn Grové was die gelukkige wenner. Die mandjie is goedgunstiglik aan Wildekanisland geskenk deur André Jaquet wat gedink het dit kan vir fondsinsameling gebruik word.

Sy voorstel was baie welkom – met die groot storm in Februarie is Wildekanisland se splinternuwe boom-huis boom en al ontwortel. Die inkomste uit die Vadersdag lootjies verseker dat die boomhuis nou weer herbou kan word.

Baie dankie aan almal wat ‘n lootjie gekoop het.Julle kan gerus kom kyk wat ons met al die R5 muntstukke gedoen het!

No comments: