Tuesday, June 30, 2009

My Christelike Perspektief

- Jeanette de Lange -

Open. 21:5 “… kyk, Ek maak alles nuut …”

Wié van ons ken nie die “before” en “after” sessies nie? Die winterseisoen is oók so ‘n “sessie”. Die seisoen van voorbereiding, wegsny, snoei, verwyder, beplan.

Beplan vir ‘n beter seisoen, uitbreiding, vernuwing – alles op hoop en verwagting – vra maar enige plaasboer.
Net so ook in ons eie lewe – kyk, Ek maak alles nuut ... ‘ Godgegewe Belofte – as jy wil, jou keuse.

‘n Proses van aflegging, verwyder, bely, skoon skaaf, fyn maal – pynlik! Beslis nie altyd soos ék dit wou hê nie.

Maar Jesus se “after” is ‘n jy soos Hy weet jy kan wees. Die ware jy, jou volle potensiaal wat Hy ontgin, ontwikkel, openbaar – Sy Beeltenis al meer gelyk. As jy wil.

No comments: