Tuesday, June 30, 2009

Prince Albert deel van Inheemse Span

- Anthony Morgan -

Op Saterdag, 30 Mei, het meer as 90 sportmanne en vroue van die Eden en Sentraal-Karoo Distrikte in die Interdistrik Inheemse Spele op die Odendaal Sportgronde in Prince Albert met groot suskes meegeding. Die doel van die spele was om ‘n distrikspan te kies wat volgende maand by die Weskaap Spele sal deelneem.

Inheemse spele behels die volgende kodes: Dibeke/Skululu; Kho-Kho/Jag-mekaar; Jukskei; Driestokkies; Kgati/Touspring; Diketo/Klipgaatjie; Morabaraba en Ncuva (altwee bordspele) en Iintonga/Stokgeveg.

Baie kom oorspronklik vanaf myn-werkers wat jare gelede hierdie tipe spele vir ontspanning gespeel het na harde skofte ondergronds.

Dit was ‘n baie koue dag in Prince Albert, maar die koue kon niks aan die sportlustige deelnemers doen nie. Die volgende persone sal aan die Weskaap Spele vanaf 17 tot 19 Julie deelneem:

  • Marco Baartman (Skululu)
  • Zandria Berlin (Ncuva)
  • Sias Briesies (Ncuva)
  • Kennith Claassen (Jukskei)
  • Waldon Ewerts (Diketo)
  • Rayno Maartins (Jukskei)
  • Wilcot Plaatjies (Morabaraba)
  • Jonathan Prins (Driestokkies)
  • Eufrim Schoeman (Driestokkies)
  • Megan Willemse (Morabaraba)
  • Zubaida Williams (Ncuva)
  • Zandile Zaki (Iintonga)

Ons wens almal baie sukses toe met hierdie besondere spele. Julle moet weet dat ons hele gemeenskap in vlees of gees saam met julle sal wees!

No comments: