Tuesday, June 30, 2009

Karatekas Presteer by SA Kampioenskappe

Eloise Gouws doen verslag oor die uitmuntende prestasie wat ons jong Karate kundiges by die die onlangse S A Kampioenskappe behaal het.

Die Prince Albert Karate Klub het groot naam by die S A Kam-pioenskappe in Stellenbosch op 23 Mei gemaak toe ses van die klub se lede – karatekas – gekies is om Suid-Afrika by ‘n toernooi in Namibië op 8 Au-gustus te verteenwoordig. Die toernooi sal in Windhoek gehou word as deel van die verrigtinge om die 20ste bestaansjaar in Namibië te vier.

Agt van ons nege deelnemers aan die Kampioenskappe het plekke verwerf en ons span het ‘n hele hoop Goue, Silwer en Brons medaljes in Gevegskuns en Kata gewen!

Die volgende Karatekas het SA kleure verwerf: Andrea Gouws, Martin Koorts, Ryan Ferreira, Ismarie Le Grange, Pieter Koorts en Eloise Gouws. Aneske van Eeden en Oscar Maeyer het Wes-Kaap kleure gekry en Nelius Koorts gaan ook na Namibië toer as deel van die S A ontwikkelings span.

Onthou, nou is dit harder werk as ooit want volgende jaar word die Wêreld Kampioenskappe in Suid-Afrika gehou en dit is ons groot mikpunt. Baie geluk aan al my mede Karatekas. Julle verdien dit, want julle het ’n uiters besondere prestasies behaal. BAIE geluk mede- karatekas!!!

No comments: