Tuesday, June 30, 2009

Haak-afstammeling oorlede

- Adriana Schoeman -

In die voorportaal van die Haak Familiewoning, tans die Fransie Pienaar Museum, hang ‘n foto van die gesin. In die agterste ry heel regs staan Jim.

Jim, oftewel, James Beaton Haak, is in 1885 gebore. Hy trou op 15 Julie 1917 met Helene le Roux van ‘n plaas (tans bekend as Bergwater) in die gang. Hy sterf twee jaar daarna tydens die groot griep. Op daardie stadium was daar ‘n seuntjie uit die huwelik gebore- Jan Haak. ‘n Tweede seuntjie, James Beaton, is na sy pa se dood gebore.

Jan Haak, genoemde eersgeborene, is oorlede op 12 Junie 2009, op die ouderdom van 91 jaar. Saam met al die Haaks, wydversprei oor die land en in Prince Albert, onthou ons nog en eer die nagedagtenis van hulle wat vooruit-gegaan het.

No comments: