Sunday, August 30, 2009

Bevestiging by St John’s

- Ailsa Tudhope -

Sondag 26 Julie was ’n feesdag by St John’s Anglikaanse Kerk in Prince Albert. Biskop Donald Harker was hier om vyftien mense te bevestig. Kapelvoogde Eva Marsch en Bertie Nero het die Biskop in die kerk ingelei terwyl die koor en gemeente die eerste gesang sing.

Die koor het gedurende die laaste paar maande baie geoefen sodat hulle tydens die Eucharistiediens kon sing. Baie dankie aan Chrisna Smit wat hulle begelei het met Addington se musiek by die oefensessies en by die diens. Ons hoop om nou gereeld by die Eucharistiediens te sing. Dankie ook aan Klarissa Hinckman, Katrina Koot en die ander Moedersunie-lede wat die smaaklike middagete vir die biskop en ander priesters voorberei het.

Veels geluk aan die bevestigings-kandidate: Jolandi Beukes, Abraham Bobbejee, Carol Cupido, Narin Delport, Pieter Delport, Heizaan Jacobs, Joanene Jaftha, Nathan Maans, Mary-Ann Melanie, Shovan Moos, Janice Lekay, Grant-Lee Wanie, Hendrik Wanie, Beaunice Windvogel, Jeanetha Windvogel. Ons bid dat die Here hul sal seën met Sy hemelse genade sodat hulle vir ewig aan Hom getrou sal wees en dat Sy Heilige Gees daagliks meer en meer in hulle lewe toeneem word

No comments: