Sunday, August 30, 2009

Klaarstroom VGK Gemeente Hou Basaar

- Jeremy Witts-Hewinson -

Saterdag, 15 Augustus was ‘n groot dag in Klaarstroom: die VGK gemeente hou hul eerste basaar in hul splinternuwe kerkgebou – hulle samel fonse in en vier tegelyk heerlik fees.

Die ware voldoen aan almal se verwagtinge: tradisionele basaar poedings, koeksusters, skaapvleis, koeldranke, terte, muffins, koeke en heerlike hoenderkerrie asook ’n sappige skaapvleis potjie en natuurlik ook ‘n lekkergoedtafel vir kinders van alle ouderdomme.

Die basaarpoeding was weer ‘n treffer en was binne minute uitverkoop, tot groot ontsteltenis van vele!

Mev Sarah Arries, kerkraadslid, sê dat die basaar omtrent R20ingesamel het; dit is alles te danke aan ‘n hele jaar se harde werk en fondsinsamelings. Die kerkraad is dit eens dat die basaar se sukses die direkte produk is van die samewerking van al die lidmate.

Die gemeente sien reeds uit na die volgende basaar – altyd ‘n genotvolle byeenkoms.

No comments: