Sunday, August 30, 2009

Skenking van boeke aan Prince Albert Primêr

- Linda Fodor -

Prince Albert Primêr is baie dankbaar vir die boeke wat mnr Pieter de Wit aan ons geskenk het. Mnr De Wit wat al in sy 80’s is, was in Prince Albert gebore en was ‘n leerder by Hoërskool Zwartberg. ‘n Lewenslange liefhebber van boeke, het hy ‘n groot persoonlike biblioteek deur sy lewe opgebou. Nadat hy gehoor het dat ons besig is om ‘n biblioteek op die been te bring, het hy dadelik begin om van sy boeke en ‘n groot Bang en Oluffson bandopnemer op te pak sodat ons dit kan gebruik.

Ons het opgewonde gewag vir die boeke, maar Pretoria is vêr, boeke is swaar en vervoerkoste is baie duur. Amper twee jaar later het Nico Burger van Biddulphs vervoermaatskappy gehoor dat ons hulp nodig het met die vervoer en het hy die boeke gratis vir ons by die skool kom aflewer.

Nogmaals dankie mnr De Wit, u kan versekerd wees dat die leerders van Prince Albert Primêr sommer lekker gaan lees aan die boeke.

No comments: