Sunday, August 30, 2009

My Christelike Perspektief

- Jeanette de Lange -

Matt 5: 11-12 en 16-18

In 1889 ontwerp ‘n argitek ‘n struktuur om ‘n internationale skou en veroorsaak ‘n opskudding en ‘n golf van teenkanting. Die publiek wou die monster-ontwerp weg hê maar die argitek het geglo in homself en sy werk.

Vandag, 2009 weet ons van Alexandre Gustave Eiffel en die Eiffeltoring in Parys, Frankryk.

Martin Luther spyker sy leerstellings teen ‘n kerkdeur en vandag, 2009, is sy leerstellings nog relevant.
Daar was nog so ‘n man wat ‘n beroering veroorsaak het en nog steeds golwe van weerspreking veroorsaak: Jesus Christus. Die ‘Kerk’ het die voortou geneem maar gelowe en geleerdes twis en skel nog steeds.

Jesus se leer is nog steeds in 2009 ‘n steen des aanstoots, leuens, ou vrou-stories en radikaal onaanvaarbaar. Maar sy volgelinge weet van sy leerstellinge, sy wonderwerke en glo in sy boustene. Hy weet en ons weet waarop ons gebou word, dws die Rots, die Hoeksteen, die Deur...

Glo jy?

No comments: