Sunday, August 30, 2009

Spore in die Ryp

- Dirk Visser -

Prince Albert Primêr beleef ‘n besonderse suksesvolle rugbyseisoen. Op Saterdag, 1 Augustus, is daar ‘n "Interskole" tussen Hoërskool Zwartberg en Prince Albert Primêr gehou. Die O/9 spannetjie het ‘n veld aangedurf wat spierwit van die ryp was. Dit was die eerste wedstryd wat die jong mannetjies nog ooit gespeel het en ten spyte van verbete vedediging het hulle 5 driee afgestaan. Die o/11 span het 12-5 gewen en die o/13's het gelykop gespeel, 5-5 in ‘n uiters spannende wedstryd. Dit was regtig pragtig om te sien hoe die twee spanne van die dorp opweeg.

Op Donderdag, 13 Augustus het die 0/9's weer vasgeval, die keer teen Van Rheede. Die 0/11 's het egter hulle goeie vorm behou en Van Rheede 37-0 vermorsel. Prince Albert Primêr se 0/11 en 0/13 spanne het elk slegs een wedstryd die seisoen verloor en werklik sprankel rugby gelewer.

Terence Koot is ook nog in die finale oefengroep vir die SWD 0/12 span. Ons hou duim vas dat hy gekies sal word vir die finale span. Marlow Vries het die afgelope Junie vakansie die SWD laerskole span verteenwoordig. Prince Albert Primêr kan dus voorwaar terug kyk op ‘n puik rugby seisoen.

No comments: