Sunday, August 30, 2009

Hoërskool Zwartberg maak sy merk in Namibië

- Diana Koorts -

Ses van die skool se karatekas is onderskeidelik opgeneem in die Suid-Afrikaan-se- Wes-Kaap-en Ontwikkelingspan wat die tydperk van 5-9 Augustus in Namibië gaan deelneem het. Namibië het vanjaar sy 30ste bestaansjaar van Goju Ryu karate gevier.

Met groot erns het die leerders baie planne beraam om geld in te samel – want vir so ‘n “uitstappie “ moes elkeen sy hand maar DIEP in sy sak steek. Baie dankie vir elke inwoner wat ‘n bydra gelewer het om dit vir die leerders moontlik te maak.

Hulle het van Stellenbosch af vertrek in drie groot InterCape busse. Na 8ure se reis- het hul hul eindbestemming- Arebusch- Lodge net buite Windhoek bereik. Alles was baie aangenaam en hulle het die “game drive” besonder baie geniet. By die “Lodge” was alles maar baie duur en moes hul fyn beplan om die dollars nie te vinnig te laat rol nie- R20.00 vir net 1.5L water!!

Saterdag was die groot dag en waarvoor almal gewag het- die Kompetisie!! Hoërskool Zwartberg het sy stempel sommer stewig afgedruk en al ses leerders het ‘n plek by die Kompetisie behaal- voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie!! Hulle het soos volg presteer:
Pieter Koorts- Kata- Silwer (2de plek)
Nelius Koots- Kata en Gevegkuns- Silver (2de plek), Aneske van Eeden- Kata- Brons (3de plek), Eloise Gous- Kata en Gevegkuns-Brons (3de plek)
Ryan Ferreira- Kata en Gevegkuns- Brons ( 3de plek), Ismari le Grange- Kata (4de plek)

Ons skool is ook besonder trots op twee oud leerders wat ook pragtig presteer het in Namibië. Andrea Gous het ‘n goue medalje verower en eerste gekom in Kata en Gevegkuns en Martin Koorts het ‘n silwer medalje ontvang vir sy Kata en Gevegkuns.

Baie geluk aan Sensei Anchen Gouws met so ‘n pragtige prestasie waar al die karatekas plekke behaal het. Sy verdien sowaar ‘n ektra pluimpie in haar hoed daarvoor.

Alle sterkte met hul voorbereiding vir die Wereldkampioenskappe wat 2010 in Stellenbosch aangebied gaan word.

No comments: