Wednesday, September 30, 2009

Boomplantdag

- E M Delport -

Op Vrydag 4 September het graad 4a en hulle klasonderwyseres, me E M Delport, die Prince Albert Primêre Skool verteenwoordig by die Nasionale Boomplantdag. Die dorp se burgemeester het almal teenwoordig verwelkom. Daarna het ‘n jeugkoor van Oudtshoorn almal stil gesing met hulle opgewekte en pragtige sang.

Dr Sue Milton het oor die verskillende boomsoorte gepraat en die leerders het omtrent aan haar lippe gehang. Van die leerders wat reg geantwoord het, het boompies gekry om by die huis te gaan plant.

Al die sprekers het hulle goed van hulle taak gekwyt en aan die einde van die seremonie is daar ‘n hele paar bome geplant op die Odendaal Stadion. Daarna het elke leerder ‘n waterbottel, ‘n pot en boekies oor bome en woude van Cape Nature ontvang.

Dit was regtig baie lekker om in die ope lug soveel interessante dinge van bome en veldbrande te leer.

No comments: