Wednesday, September 30, 2009

Briewe / Letters

Dankie Gudrun en Bodo

Somtyds gebeur dit dat ‘n groot dankie sê nie gedoen word nie. Party keer word daar dankie gesê maar op ‘n halfhartige manier. Dit is vandag by my ‘n behoefte om ‘n groot dankie te sê en ek sê dit uit die diepte van my ouerhart.

Om en by 2001 het ek betrokke geword by Hoërskool Zwartberg se Beheerraad. Een van die eerste items op ons agenda was finansies en so was die tweede en so was die derde.

Tydens een van ons dinkskrums het iemand die opmerking gemaak dat ons nie meer geld uit ons eie gemeenskap kan genereer as wat ons alreeds doen nie, hoekom kry ons nie ook geld van buite ons eie gemeenskap vir ons skool in nie.

Bodo en Gudrun Toelstede het op eie inisiatief by die kleuterskool betrokke geword en ‘n reuse inset daar gelewer. Sommige van ons het gereken dat hulle reeds daar betrokke is en nie hulle insette sal verdeel nie, ander weer het gevoel hoekom nader ons hulle nie.

Die lot het op Kobus Snyman en die uwe geval om hulle te gaan sien. Kobus het die afspraak gereel en ons twee het met die hoed in die hand die middag by die Toelstedes opgedaag en is op kenmerkende hartlike wyse ontvang.
Ons het ons saak voorgedra en gevra of Bodo nie sy weg sal oopsien om, op welke wyse hy ook al goed dink, vir ons te help nie.

Wat daarop gevolg het, spreek van self. Ek gaan geen enkele bydrae by name noem nie want ek weet nie waar om te begin en waar om te eindig nie. Dit is ook nie doel van hierdie skrywe nie.

Die doel is eerder om vir julle twee baie dankie te sê dat julle harte al die jare op die regte plek sit vir die jeug van ons gemeenskap van Prince Albert.

Dankie vir al julle grootse pogings. Al word die baie dankie soms laat gesê, al gaan die dankie soms in die rompslomp van ‘n organisasie verlore, wil ons hê julle moet weet die dankie is altyd daar en dit is altyd opreg.

Jan Bothma


Let’s Shame Bad Drivers!

Speeding and reckless driving on our main thoroughfare, Church St, has gone from bad to worse. From my office on the street I see and hear speeding cars, trucks and motorcycles screaming along, posing a danger, especially to schoolchildren and the elderly. Why are irresponsible drivers being allowed to disobey traffic signs and rules every day?

I have expressed my concerns to the Municipal traffic officer and senior officials in the Municipality, but no decisive action is being taken.

Maybe it is now time for a column in the Prince Albert Friend, where these traffic offenders can be named and shamed? I would like to know what my fellow readers think.

Eric Ahrens

(Over the past year or so, The Friend has heard complaints of this nature from several residents and tourists. We will follow up with those concerned and report in our next edition.

Also, the Friend would like to know from its readers what they feel about Eric’s suggestion.)


School’s Kultuuraand a hit!

What a fun evening my friends, family and I had at Hoërskool Zwartberg’s Kultuuraand. None of us at our table has children at the school and my grandchildren live in another province, but we all so enjoyed the words, song and dance, and the exuberance and enthusiasm of the children.
To top it all, we had a perfect hostess and a delicious meal.

We know that it took an awful lot of hard work and dedication by teachers and parents to put the evening together.

Thank you to all of you.

Kay Howes

No comments: