Wednesday, September 30, 2009

Nuwe Kleuterskool op Leeu-Gamka

- Charlotte Bothma -

In Leeu-Gamka is ‘n nuwe leer-sentrum vir kleuters op 24 Maart 2009 as ‘n nie-winsgewende organisasie geregistreer.Hierdie sentrum is binne die Bitterwater Woonbuurt geleë en spog al met elf ingeskrewe leerdertjies wat wissel van 3 tot 6 jaar.Hier leer juffrou Amenda Anthonie hulle rympies, sing hulle liedjies en lees hulle heerlike stories. Hulle teken en verf ook te lekker.Die staatsondersteunde kleuterskool, wat oorkant die N1 geleë is, hou vele gevare in vir jong voetgangertjies. “Amenda se Skool” is binne veilige bereik, maar is afhanklik van ouers en ander vrywilligers se bydraes en insette om suksesvol te kan funksioneer.Ouers wat ‘n vaste inkomste het betaal R40 per maand en ouers met ‘n “All pay” inkomste betaal slegs R20 per maand. Die kleuterskool het nog geen staatsbefondsing gekry nie.

Amenda het ‘n diploma in Vroeë Voorskoolse Ontwikkeling (NQF level 4) en het ook ‘n basiese slagofferondersteuningskursus gedoen.Haar man, Filemon Antonie, is baie bekend vir die pragtige draadkarre wat hy elke jaar op die Prince Albert Olyffees verkoop.Hulle het ook twee pragtige kinders naamlik Chantelle en Nathan.

Amenda bly al 13 jaar op Leeu-Gamka. Haar energie en entoesiasme, haar kennis en ervaring/liefde vir kinders ploeg sy nou in hierdie projek in. Indien enigiemand wil help om hierdie sentrum verder uit te brei, hoor Amanda graag van hulle by 074 2388532.

No comments: