Wednesday, September 30, 2009

Die snoekkoning van Prince Albert Primêr

- Linda Fodor -

Hoe braai ‘n mens 800 stukke snoek? Dis baie maklik, vra net vir mnr Mark Rockman, beter bekend as Pappie. Begin om 04h00, nog lank voor die son opgekom het, die vure te maak sodat die kole teen 06h00 reg is, en dan begin jy braai.

‘n Hele span onderwysers, personeellede en ouers het gehelp met die voorbereiding en braai. Ons getroue kombuistannies wat elke dag honderde honger magies vol maak, het gesorg vir die heerlike slaaie. Die enigste probleem was dat 800 stukke vis nie genoeg was nie! Elke bordjie snoek en slaai is teen R30 voor 12h00 uitverkoop!

Baie dankie aan almal in die gemeenskap wat ons ondersteun het. Onthou volgende jaar, die eerste Vrydag in September is Visbraaidag by Prince Albert Primêr!

No comments: