Wednesday, September 30, 2009

Die “Ou Tol” herleef

- Denise Ohlson -

Die Ou Tolhuis, geleë naby die top van die wêreldbekende Swartberg-pas, gaan eersdaags herleef danksy ‘n strategiese vennootskap tussen Cape Nature en die privaatsektor.

Die H.O.P.E Foundation, ‘n gemeen-skaps- en bewaringsorganisasie wat in Oudtshoorn gebaseer is, gaan die Ou Tol hul basis maak en verskeie inisiatiewe gaan van daar geloods word.

Die lede en borge van die Ou Tol hoop om die gemeenskappe van die Klein en Groot Karoo direk te betrek by die bewaring van hierdie unieke wêreld-erfenisgebied wat so aanskoulik op hul drumpel lê. Die toerismegeleenthede wat in die Swartberg Bewaringsgebied opgesluit lê, is steeds grootliks onbenut, en omgewings- en gemeenskapsbewuste inisiatiewe sal groot ekonomiese insette bied vir omliggende dorpe, besighede en gemeenskappe.

Sedert 2006 fokus True South Travel (‘n plaaslike operatreur wat Eko-toerisme en Cape Nature geakkrediteer is) reeds op die ontwikkeling van Eko-toerisme binne die bewaringsgebiede en reservate van Cape Nature, deur van plaaslike spesialisgidse gebruik te maak.

Die Ou Tol sal dus nie net ‘n basis vir die inisiatiewe van die H.O.P.E Foundation wees nie - True South Travel beplan ook om vanaf die Ou Tol begeleide toere na Gamkaskloof, staproetes, 4x4 ekskursies en bergfietsritte aan besoekers te bied. ‘n Bewaringsinligtingsentrum word ook in samewerking met Cape Nature beplan, asook ‘n “Berg Kombuys” wat ligte etes en verversings sal aanbied. Die inrig van piekniekareas met braaigeriewe vir dagbesoekers word ook in die vooruitsig gestel.

Die hele projek rondom die Ou Tol gaan met hoë koste gepaard, en daar word ‘n beroep op alle plaaslike inwoners, besighede en belangstellendes gedoen om betrokke te raak met skenkings en bydraes, sodat die Ou Tol so spoedig moontlik sy “deure” kan open en die H.O.P.E Foundation met hul beoogte gemeenskaps- en bewaringsdienste kan begin.

Vir ‘n volledige uiteensetting van die dienste, toerusting, materiaal en meublement wat benodig word, word belangstellendes genooi om die plaaslike lede van H.O.P.E Foundation te kontak volgens die besonderhede hieronder aangedui.

Besoek gerus hul webwerf by www.hopefoundation.co.za vir meer inligting aangaande projekte waarby die H.O.P.E. Foundation reeds betrokke is.

Vir begeleide Eko-toere binne die Swartberg asook ander Cape Nature Bewaringsgebiede, kontak True South Travel (0440700) of besoek hul webtuiste: www.truesouthtravel.co.za vir meer inligting aangaande die dienste wat hulle lewer.

Die volgende lede van H.O.P.E Foundation kan gekontak word vir skenkings en bydraes:

Zannie v/d Walt : 078 5109541
Mackie Mommen : 083 3969526
Rudi Oberholzer : 072 4838177
Jan Bester : 082 4618253

H.O.P.E Foundation se Bankbesonderhede:

H.O.P.E Foundation
ABSA (Spaar rekening)
Rek no: 921 729 5201
Tak: 334314
(632005 vir elektroniese transaksies)

Die H.O.P.E Foundation bedank graag al hul borge vir hul ondersteuning.

No comments: