Wednesday, September 30, 2009

Wilfred Reed, provinsiale rugbyafrigter

- Linda Fodor -

Prince Albert Primêr is baie trots op mnr Wilfred Reed wat gekies is as afrigter vir die SWD O/12 B rugbyspan. Mnr Reed is beslis ‘n besige man want behalwe sy vol dag as wiskunde onderwyser, is hy ook in beheer van ons rekenaarlokaal en studeer hy vir ‘n B.Ed. Honneurs

Ons sien uit om die resultate van die toer, wat vanaf 22-25 September in Oos-Londen plaasgevind het, te sien. Die SWD-span het kragte gemeet teen WP, Grens, Boland, OP, Vrystaat en Grens Platteland.

No comments: