Wednesday, September 30, 2009

Nic Muller vier sy 90ste verjaarsdag

- Magriet Muller -

Nic (Nicolaas Hendrik) Muller het op 19 September saam met vriende en familie sy 90ste verjaarsdag by die Lazy Lizard gevier. Sy vrou, Babsie (Ma Babs), het die volgende dag 74 geword.

Die dag was uit die boeke uit. Die Lazy Lizard se kos was uitstekend en almal het dit baie geniet. Nic en Babsie se gaste het vanaf Beaufort-Wes, Port Elizabeth, Kaapstad en Gauteng na Prince Albert toe gereis om die feesvieringe saam met hulle en hul Prince Albert-vriende te geniet .

Nic is op 4 September 1919 op die plaas Klipheuwel, Fraserburg, gebore. Hy het sy matriek in Oudtshoorn voltooi en het by Santam vanaf 1939 tot 1987 gewerk. Hy trou op 28 Desember 1958 met Babsie Smit. Nic en Babsie het onlangs hul 50ste huweliks-herdenking in Prince Albert gevier. Hulle het vir 40-jaar in Bellville gebly en woon sedert 2001 in Prince Albert. Hulle het ook in 2004 as ambassadeurs vir Suid-Afrika opgetree met die 100ste bestaansjaar van die Kanadese dorp, Prince Albert.

Veels geluk, Nic en Babsie!

No comments: