Wednesday, September 30, 2009

Laaste dag se lag

- Adri Schoeman -

Maandag, 31 Augustus, was Debbie se laaste dag in die Museum.

In die vertrek naaste aan die kantoor, tussen al die Kerk- en Bybelgoete, is o.a. ook twee oudae se swart Kollektesakkies aan lang stokke. Die etiket daarby lees: Geskenk deur Sarie Bason van Vyevlei.

Ek staan in die Kantoor terwyl twee besoekers met ernstige belangstelling die twee sakkies daar betrag. Toe vra hulle: “And what is Vyevlei?”, waarop Debbie antwoord: “ It’s the farm where we lived.” Toe sê een van hulle: “Did you use this to catch butterflies on the farm?”

Debbie het haar “pose” behou, maar die prentjie van die klomp Vyevleiertjies wat met langsteel pikswart Kollektesakkies agter die skoenlappers aanhol, het my onbeheersd aan die lag laat gaan!

Aan die nuwe vrywilligers wat so gaaf is om te kom help- as daar ‘n moeilik situasie opduik, is daar twee keuses, nl. Hou jou “pose”, of skater dit uit!

No comments: