Wednesday, September 30, 2009

Nuwe Prokureurs

- Sara-Mari du Plessis -

Madri du Plessis het haar matriek op Hoërskool Zwartberg in 1997 klaargemaak en in die regte gaan studeer. Na voltooiing van haar LLM by die Universiteit Stellenbosch vertrek sy in April 2004 saam met haar nuwe liefde, Donovan Cooper, na Engeland. Donovan het vroeër sy LLB voltooi. Albei moes eers studieskuld afbetaal.

In September 2006 het hulle spesiaal na Suid-Afrika gekom om ‘n Lentetroue in Prince Albert te vier. Na nog twee jaar (en genoeg van die Engelse koue) keer hul in Februarie 2008 terug om hulle klerkskap op Suid-Afrikaanse bodem te kom doen. Madri was 2008 die top student in haar praktiese opleidingskursus in die Regsfakulteit by die Universiteit van Kaapstad.

Op 7 Augustus 2009 is Madri en Donovan amptelik as prokureurs tot die regbank toegelaat. Hulle het aangesluit by MA Cooper Attorneys & Conveyancers van Kaapstad en help opbou aan hierdie jong firma.

M A Cooper se webblad is: www.cooper3e.co.za

No comments: