Monday, November 30, 2009

Absa fiasco

Met die ter perse gaan van die Vriend was daar groot ontevredenheid onder inwoners met die diens wat Absa Bank aan ons dorp bied. Dit is verbasend dat die mense van byvoorbeeld Uniondale so bevoorreg is om tussen drie banke te kan kies…

Ons berig in ons volgende uitgawe meer volledig hieroor – en ook oor die feit dat die bank se OTM gedurende die laaste week van November 4 dae lank buite werking was. Dit het onge-kende vertragings (en kostes en ongerief) tot gevolg gehad. Kliënte het tot op die sypaadjie tou gestaan – en die temperatuur was juis 40 grade plus op 24 en 25 November!

Die Vriend hoor graag wat ons lesers dink van die diens van ons enigste bank.

No comments: