Monday, November 30, 2009

Dra jou toekoms

- Jakoba Visagie -

Op 8 Oktober, het die gr 7 leerders van Hoërskool Zwartberg deelgeneem aan ‘n Nasionale loopbaandragdag. Leerders kon op hierdie dag uitrustings aantrek wat die loopbaan voorstel wat hulle eendag wil volg. Elke leerder moes ook ‘n plakkaat maak en ‘n opstel skryf.
Onder die leerders was ‘n hele paar seuns wat graag eendag by die Weermag wil aansluit, twee dokters, ‘n marinebioloog, ‘n lugwaardin, ‘n sielkundige, ‘n danseres en ‘n paar onderwyseresse.

Hierdie dag word elke jaar landwyd gedurende die eerste week van die vierde kwartaal by skole gehou.

No comments: