Monday, November 30, 2009

P A Primêr wen mini-krieket

-Marshalene Reed -

Prince Albert Primêr se o/7 en o/9 mini-krieket spanne het op 3 November teen Hoërskool Zwartberg gespeel.Zwartberg het die onderspit gedelf met die vele paaltjies wat hulle verloor het.

P A Primêr se o/7 span het met ses lopies teen Zwartberg se twee lopies gewen.

Tydens die spel van die o/9 span het Due-Maire vir Heinrich van Hoërskool Zwartberg uitgevang terwyl Jevanio vir hom ‘n paaltjie gegee het.Dit was ‘n skouspelagtige vertoning aangesien dit baie vinnig gebeur het.

Die o/9 span het met drie lopies teen Zwartberg se twee lopies gewen.

No comments: