Monday, November 30, 2009

Prince Albert Primêr se sport eindig op ‘n hoë noot

- Dirk Visser -

Prince Albert Primêr kan werklik terugkyk op ‘n baie suksesvolle jaar op die sportveld.Die rugbyspan het slegs een nederlaag gely die hele jaar, tydens hul eerste wedstryd van die seisoen, en die krieketspan was net so suksesvol.Die vlugbalspan het ook nie minder as 17 SWD spelers en twee WP spelers opgelewer nie en die skaak- en netbalspanne was ook weereens baie suksesvol.

Landloop wat vir ‘n paar jaar stil was het ook met hul terugkeer drie SWD atlete opgelewer.Marlow Vries het die O/13 Jong Arende verteenwoordig as onder-kaptein en was een van SWD se uitblinkers op die Craven Week in Kimberley.

Op 31 Oktober het PA Primêr ook weer suksesvol hul kleuresport afgehandel.Die optog het stiptelik om 07h00 begin vanaf Prince Albert Primer na Hoerskool Zwartberg se sportvelde. Die trompoppies het vir groot vermaak gesorg en met hul pragtige uitrustings het hulle die dag se verrigtinge op die perfekte wyse begin.

Dit was ‘n lieflike dag en alles hetvolgens plan verloop, behalwe vir die o/6 leerder-tjies wat nie by die wenpaal wou stop nie! was werklik ‘n riem onder die hart om te sien hoe geesdriftig die leerders is om aan sport deel te neem.Die drie huise wat deelgeneem het was die Sharks, Bulls en die Stormers.Die Bulls kon nie die mas opkom nie (omtrent soos die rugbyspan se vaste vyf) en die Stormers en Sharks het dinge uitgespook.Die oorwinning is eers bepaal deur die laaste item van die dag en die Sharks het met 2 punte geseëvier.

Ek het lanklaas ‘n atletiekbyeenkoms bygewoon wat so glad verloop het en ‘n spesiale woord van dank aan mnr Mark Rockman wat die hooforganiseerder van die dag was.Ook ‘n spesiale woord van dank aan al die opvoerders wat gehelp het om 2009 so ‘n suksesvolle jaar te maak.Ons glo dat ons in 2010 net sal voortbou op hierdie merkwaardige prestasies.

No comments: