Monday, November 30, 2009

Brigdton Rugby Voetbal Klub Uitklopkampioene

- Claude Hendriks -

Tydens die jaarlikse RVK uitklop-toernooi op 10 Oktober 2009 is Brigdton RVK van Oudtshoorn as die Kampioene in die A en B afdelings van die kompetisie gekroon. Die dag was baie suksesvol en almal het dit geniet. Spanne wat die kompetisie bygewoon het is, Brigdton, Uniondale, Wolverines, Orchard, Mountain Stars en Willing Hearts.

Hierdie spanne het mekaar kliphard aangevat en die humeure wat nou en dan vlamgevat het is uitstekend deur die SWD skeidsregters beheer. Laasgenoemdes het alle wedstryde goed hanteer. Die klub wil ook die SAPD vir hulle sigbare teenwoordigheid bedank. Die biertuin en die dag se afsluiting met ‘n dans was ook ‘n reuse sukses. Dankie aan almal wat die dag meegemaak het, veral die onder-steuners wat van heinde en ver gekom het.

No comments: