Monday, November 30, 2009

Boerbok-nuus

- Jan-Chris Marais -

Die jaarlikse Boerbokinterstreeks-kampioenskap gaan voortaan in Prince Albert gehou word. Dié goeie nuus is op die onlangse Landbouskou bekend gemaak, en beteken dat Noord-, Wes- en Oos-Kaap voortaan hier gaan meeding.

Bykans 300 bokke het aan vanjaar se kampioenskap deelgeneem en die kompetisie is as baie sterk bestempel.

Die twee opkomende boere-groepe van Treintjiesrivier en Katrivier het veral beïndruk met die kwaliteit van hulle bokke. Die Katrivier-groep het vanjaar koning gekraai.

Die Baksteen Boerbokstoet van Jan-Chris Marais het weggestap met die louere vir die meeste punte.

No comments: