Monday, November 30, 2009

Flink Dink

- Diana Koorts -

Hoërskool Zwartberg het vanjaar weer aan die Cami–wiskunde kompetisie deelgeneem. In diè kompetisie kry leerders +/- /x/ ÷ somme om te beantwoord. Elkeen werk teen sy eie tempo en moet poog om soveel somme as moontlik binne 400 sekondes te beantwoord.

Gr.1’s doen net plus somme en Gr. 2 en 3 doen plus en minus somme en vanaf Gr.4 -7 kom die maal en deel ook by. Hoe vinniger die antwoord ingepons word, hoe vinniger verskyn die volgende som. Dis werklik ’n wonderlike kompetisie wat leerders aanspoor om elke keer hul prestasies te verbeter.

Vanjaar het die inskrywings die hoogte ingeskiet en nie minder as 67 000 leer-ders in die Wes-Kaap het deelgeneem. Daar is twee rondtes gehou. 27 leerders het aan die eerste rondte deelgeneem wat plaasgevind het in die Garden Route Mall.

Dit het uiterste konsentrasies en uithouvermoë by ons leerders geverg – aangesien die kompetisie plaasvind in een van die gange van die gebou, terwyl honderde “toeskouers” en deelnemers rondloop, gesels, aanmoedig en aankondigings oor luidsprekers gemaak word.

Nie eens al die lawaai het ons leerders van stryk gebring om deur te dring na die finale rondte wat op 24 Oktober gehou is. Hulle het die 20 beste leerders in elke graad –uit al die skole van die Wes-Kaap- gekies om aan die finale rondte deel te neem – 14 van hulle behoort aan Hoërskool Zwartberg!!

Ons leerders het pragtig presteer en ons is regtig trots op elkeen se prestasie – volgende jaar gaan ons probeer om van die GROOT pryse terug te bring. Die nr.1 in elke graad het ’n skootrekenaar gewen ter waarde van R6000, nr.2 ’n selfoon ter waarde van R5000 en nr. 3 ’n geskenkbewys van R500.

Veels geluk aan ons leerders wat uitgeblink het:

Gr 1:
Dewald Le Grange
Ashwill van Rooyen
Jana Koorts

Gr. 2:
Bianca Vorster
Zaunry v d Ross

Gr 3:
Shaun v Zyl
Hegan Pipes
Pieter Koorts
Heinrich Everts
Antonio Charles

Gr 4:
Monique Klue
Drieske Marais

Gr 6:
Driekus Marais
Anri de Wit

No comments: