Monday, November 30, 2009

VLV Sluit af in ‘n Kersfeesstemming

-Ronél McKnight-

Die VLV se jaarlikse afsluiting by The Olive Branch het almal in ‘n Kersfeesstemming geplaas. Ten spyte van so baie wat nog gedoen moet word voor Kersfees, raak ‘n mens lus vir Kersboom uithaal en pakkies versier.

Met vanjaar se Kersfees-vergadering wou ons lede inspireer om handgemaakte versierings vir die Kersboom, pakkies en tafels, in te span. Laphartjies, familie-foto’s wat mooi versier is en papier-engele kan die boom versier. Ook vir die Kerspakkies wat opgemaak moet word, kan ‘n goedkoop handgemaakte versiering elke ontvanger spesiaal laat voel.

Drie Kerstafels met uiteenlopende temas, is gedek. Ook hier het die klem geval op die gebruik van items wat in jou huis is of wat self gemaak kan word.

Die Kerstyd hoef dus nie in ‘n nagmerrie te ontaard wat jou ‘n klomp geld uit die sak jaag nie. Wees kreatief en gebruik dit wat jy in jou huis het om mee mooi te maak en selfs as ‘n geskenk te gee. Daarby is dit sommer terapeuties ook!

No comments: