Monday, November 30, 2009

Hoërskool Zwartberg se Skaakspelers presteer

Vier van Hoërskool Zwartberg se leerders is in die SWD-span opgeneem om vanjaar aan die Nasionale Junior Skaaktoernooi deel te neem te Kaapstad op 13 – 18 Desember.

Die leerders is:
Valerie Pietersen (O/16)
Nadine Kroon (O/16)
Lucille Steyn (O/16)
Keith Square (O/18)

Ons is geweldig trots op hierdie leerders se prestasie, veral omdat dit die eerste keer is dat skaak as sport by ons skool aangebied word.

Hierdie leerders moet elkeen R1800.00 uit hulle eie fondse betaal om te kan deelneem. Ons skool ondervind ‘n skreiende tekort aan fondse en hierdie leerders se deelname aan die nasionale kompetisie is in die weegskaal.

Daarom vra ons as skool enige bydrae uit ons gemeenskap om hierdie leerders se pogings te versterk.

Vir enige navrae kontak asseblief die skoolhoof by 023 5411 570.

No comments: