Monday, November 30, 2009

Hoe verantwoordelik is Jy?

- Henriette Liebenberg -

Verantwoordelikheid – dít is die fokus van vandeesmaand se Media & Training Centre for Health, ‘n projek van die Prince Albert Advieskantoor (PAAK).

Ferdi Willemse van die Media & Training Centre sê verantwoordelikheid vorm ‘n belangrike grondslag in die gemeenskap. Nie net het ons ‘n verantwoordelikheid teenoor onsself en die manier waarop ons lewe nie, maar ook teenoor ons medemens – veral kinders, die gemeenskap as geheel, ons werksplekke, ander kulture en gelowe, siekes en alle diere.

Aktiwiteite dié maand sluit in ‘n uitsen-ding op 2 Desember op Radio Gamkaland tussen 15h00 en 16h00 die middag en ‘n mini-teaterstuk, “Lucky the Hero” op die 7de, om 19h00 die aand in die VGK-saal.

No comments: