Monday, November 30, 2009

Raai wie word 80?

- Magriet Muller -

Op 18 November 1929 is die dogtertjie Maria Margharita vir die egpaar Muller gebore op die plaas Bottelkraal in die distrik Fraserburg. Die oulike klein Rita begin haar skoolloopbaan by die plaasskool op Albertsgraf. Met haar gesin se verhuising na Oewersfontein, beland sy op die skoolbanke van Laerskool Merweville, maar die gesin verhuis weer na Staanleegte, en sy voltooi haar laerskooljare in Laingsburg.

Hierna word die Huishoudskool op Riebeeck-Wes haar tuiste en sy aanvaar haar eerste betrekking by die Huishoudskool (Die Ark) op Wellington, waar sy drie jaar lank werk. Later besluit sy op ‘n betrekking in Kaapstad se Kindersen-dinghuis in Bredastraat, waar sy tien jaar lank in die seunskoshuis werk.

Rita vertel graag dat sy baie goed onthou dat sy juis daar in Bredastraat besluit het om op ‘n dieёt te gaan. Sy het een Sondag-oggend niks geёet nie, maar so teen twaalf-uur saam met ‘n kollega ‘n glasie wyn geniet. Nodeloos om te sê watter effek glasienet voor die middagete op haar gehad het! Maar sy lag vrolik, en sê dit is darem ‘n lekker onthou.

Rita het in1963 na Prince Albert getrek waar sy verskeie betrekkings beklee en na haar ouers omgesien het in Markstaat 18, die huis waar sy tans nog woon.

Na haar ouers se afsterwe trou sy in 1976 met Paul Voordewind, wat haar twee jaar later weer ontval. In 1990 verbind sy haar in die eg met Gert Niehaus.

Bonusse is dat haar broer Nic Muller en skoonsuster Babs ook sedert 2001 op Prince Albert bly en dat hartsvriendin Attje (Adri) Schönborn, wat sy in die Kaap ontmoet het, haar ook jare gelede op die dorp kom vestig het.

Rita se verjaarsdagpartytjie is gehou by Lah-di-dah en die hele Muller-familieen al haar vriende was daar om die gawe dag dag saam met haar te vier.

No comments: